Available Now
Hierdie grondvloer wooneenheid in die Othello aftree-oord bied al die positiewe punte wat u verblyf aangenaam sal maak. Die woonstel front noord, wat die warm winterson in nooi.
Die hoofgebou bied:
'n eetsaal, waar etes teen vergoeding aangebied word,
wasserygeriewe,
'n biblioteek
'n haarsalon
'n dameskroeg waar vriende in 'n ontspanne omgewing kan ontmoet.
'n Verskeidenheid van mediese dienste is beskikbaar vir inwoners na gelang van behoefte.
Die veiligheid van die inwoners is verseker. Die oord is omhein met 'n elektriese omheing en die toegangshek word 24/7 deur wagte beman terwyl die omheining ook op 'n gereelde basis gepatroleer word.