Not Available
Hierdie wooneenheid in die Othello aftree-oord bied al die positiewe punte wat u verblyf aangenaam sal maak. Die woonstel front noord, wat veral help om die warm winterson in te nooi. Die woonstel is ook op die grondvloer, wat toegang tot die wooneenheid vergemaklik en interaksie met mede-inwoners bevorder. 'n Verdere pluspunt is die enkelmotorhuis en toegewysde parkeer plek.
In die hoofgebou is daar geriewe soos 'n eetsaal, waar etes teen bykomende vergoeding aangebied word, wasserygeriewe, 'n biblioteek en 'n dameskroeg waar vriende mekaar in 'n ontspanne omgewing kan ontmoet.
'n Verskeidenheid van mediese dienste is beskikbaar vir inwoners na gelang van behoefte.
Groot sorg is geneem om die veiligheid van die inwoners te verseker. Die aftree-oord is omhein met 'n elektriese omheing en die toegangshek word 24/7 deur wagte beman terwyl die omheining ook op 'n gereelde basis gepatroleer word.